Psychiatrist / Psigiater

IDENT - Dr. Cornelia van der Merwe

Hours

Mon-Fri 08:00-17:00

cornel vd merwe psychiatrist logo

Contact number

076 811 1745

Dr. Cornelia van der merwe

Dr Cornel van der Merwe het in 1992 gekwalifiseer as psigiater en is sedertdien in privaat praktyk. Sy het ook verskeie locum poste in Engeland en Ierland gedoen sedert 2004. Sy sien ‘n probleem as ‘n groei geleentheid en het haar in verskeie psigo terapeutiese modaliteite bekwaam.

  • Sy bied ‘n terapeutiese groep aan 1x per maand om persone met angs te help om hul   angs met 60% te verminder in 4 dae sonder enige medikasie.
  • Individuele sessies per afspraak.
  • ‘n 3 dagse Intensief vir individue wat in ’n krisis situasie verkeer.
  • Elke 6 weke word ‘n Saterdagoggend afgestaan aan asemhaligswerk
  • Een maal per week word dmv Zoom ‘n groepsintensie gedoen om die energie van gefokusde energie te mobiliseer
(Profile)-Psychiatrist-PETC-106---Cornel
Dr. Cornelia van der Merwe

MB Ch B, M Prax Med (UP), DA (SA), Dipl Verl. (SA), M Med (Psych) (UP)

Pr. Nr. 2203421

Voordele wat die Lewensenergie/Kern Identiteit program jou kan bied:

  • Jy sal insae in jou probleem/simptoom kry. Die simptoom wil jou dwing om op ‘n dieper vlak introspeksie te doen en om vanuit jou Kern Energie te funksioneer – nie vanuit jou aangeleerde verdedigings en aanpassings nie.
  • Die hele program is daarop ingestel om meer bewustelik te lewe – in ons aanpassings leef ons vanuit ‘n diep trans wat voel asof dit die werklikheid is.
  • Ons raak al hoe meer en meer bewus van herhalende patrone wat vanuit ons onbewuste ons beheer. Ons herken temas en leer hulle oorsprong vanuit ons kinderdae ken. Metodes en tegnieke word aangeleer en geoefen om patrone te breek.Stel geblokkeerde energie vry om dit te gebruik om voluit te kan LEWE
  • Ontdek dat daar nie iets “ fout ” is met jou nie, dat jy alles het om volledig mens te kan wees en voluit te kan LEWE. Trouens daar is baie wat “ reg “ is in jou lewe waarop jy kan bou.
  • Herontdek jou oorspronklike heelheid wat nooit weg was nie, net bietjie versteek geraak om te kon oorleef.
  • Ontdek dat jy ‘n keuse het watter pad jy wil inslaan en dat die pad terug na jou Kern Identiteit met rose besaai is!
  • Ontdek dat jou wildste, wildste drome werklikheid kan word. Dat ons amper onbeperkte skeppingskrag het om ons ideale te verwesenlik as ons gefokus en intensioneel ons gedagtes en emosies daarop instel
  • Ons leer om ‘verstandig” (mindful) vanuit ons voorbrein te leef en om ons primitiewe brein te tem. Die primitiewe brein is primêr daarop ingestel om ons te beskerm en kan nie onderskei tussen vroeëre gevaar en vandag se veiligheid nie.
  • Ons weet nou vanuit die nuwere navorsing dat ons brein kan wel verander en nuwe bane kan vorm. Dat dit selfs moontlik is om ons genetika te manipuleer en dat energie in ‘n oogwenk kan skuif.
  • Instede van soos ‘n mislukking te voel, leer ons dat ons storie eintlik ‘n Helde Storie is en dat ons die uitdaging kan aanvaar om die “draak” aan te vat en te oorwin. In Helde Stories ondergaan die Held/Heldin altyd ‘n transformasie na die oorwinning!
  • Ontdek dat die Lewe besaai is met klein wonderwerke – ons moet hulle net herken!
  • Ons leer dat ons uit die slagoffer driehoek (slagoffer, redder, aanklaer) moet klim en 100% ons eie verantwoordelikheid vir ons lewe moet neem.
  • Al die prosesse wat aangebied word. word ingeoefen met kreatiewe tegnieke om die rasionele brein met sy verdedigings te omseil!
  • Daaglikse oefeninge word gedoen om die werk te integreer.
  • Herkonnekteer met jou Kern Identiteit en Oorspronklike Heelheid en stel jou Kern Energie vry!

Latest Psychiatrist Articles

Contact Details

Address

390 Manitoba Drive, Faerie Glen

Telephone Number

076 811 1745

Hours

Mo-Th 09:00-15:00

Send us a message

Professional Associations

South African COVID-19 Portal